Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sussend voer jy mee
met golwe wat aanrol
diep vanuit die see;
♪♪♪
woorde deur sout ontwroeg
oor stroke sand
skuimend uitgespoeg;
♪♪♪
deur onrus rol
kan gemoedere
en gedagtes vreedsaam stol;
♪♪♪
getrou stoot weer en weer     
met branderbreek kalmte
ritmies oor drifsels seer;
♪♪♪
suisend voer denke mee
wiegend in troosmaat
om vars moed te gee;
♪♪♪
dreunende salwingslied
diep vanuit
die grote see.

(© Driekie Grobler )




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Seelied.
Mooi geskryf Driekie. Die enetjie oor die see, 'n Engelse probeerslag, vir interessantheid.

By the sea.

Moody currents shape the stone,
whirl the weed and crush the bone
in it’s never ending restless play
of shifting sand and salty spray.

Distant where the sea meets sky,
in the mist, a silent ship sail by
while seagulls, circling in it’s wake,
the morcels from the water take.

Foaming waves lapping ashore
keep rolling in for ever more,
charming in their magic spell,
a secret which no one can tell.

A fisherman cast deep the line
and takes a warming swig of wine
to keep the waning spirit bold
against the drizzle and the cold.

Can any one much more desire
than fresh fish on an open fire
just up from the water’s reach,
right there on the sandy beach.

Once every year, if God permit,
I leave the city smoke and grit
and fast as can away I flee….
way back to the good old sea.

5 jaar 8 maande 5 dae 9 ure oud


seelied
so mooi verwoord jy hierdie salwingslied.. PUIK Driekie
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 16 ure oud


foto 2
Pragtig! Jy laat my dink aan my eie sit langs die see een jaar en net geluister het hoe sing die seer.
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 4 ure oud


♪Seelied♪ (foto 2)

Baie goeie stukkie werk, wat soveel sê.
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 6 ure oud


Seelied
Jy vang die gees en misterie van die oseaan mooi vas, Driekie :)
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 10 ure oud


seelied
waar see en branders dreun. driekie hierdie is darem baie mooi beskryf
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 10 ure oud


Ano
Seelied
Oh, dis werklik pragtig. Ek verlang nou sommer na iets onbekend!
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 15 ure oud


See
Wow! Pragtig! Ek het gedink ek moet bietjie by die see uitkom om die nonsens uit my kop en hart seer uit te was, maar nou nie meer nodig nie. Jou gedig het dit sommer gedoen.
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 15 ure oud


2
Applous vir jou! Dis regtig pragtig! Veral die laaste strofe!
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 15 ure oud


See . . .
"dreunende salwingslied
diep vanuit
die grote see."

Dis nou regtig mooi!
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 16 ure oud


see
Mooi gedig en boodskap!
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 17 ure oud


See
Pragtige beeldspraak, Driekie, oor die drifsels-seer, 'n genesingslied! Puik!
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 19 ure oud


seelied
Ja...net soos musiek...bring die see ook salwing vir die gemoed...
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae oud



Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar