Gedigte

Titel: Seer
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Engel,
my wêreld raas so hard,
my huis skree so stil
en dit neem al my krag
om nie meer jou spook
deur my gange te jaag nie.

Maar vanaand stoei ek met my lakens,
verdrink in my verdriet en
wens dat ek vir God in persoon
kan vra hoekom ek jou
tog moes ontmoet het…
(Al weet ek my gebede
beteken niks -
my geloof het saammet
jou die pad gevat.)

Engel,
hoe voel dit om te weet
jy het my hele lewe gevat
met jou warm glimlag
en koue hart?

Loop jou beker oor
terwyl ek myself vir jou doodbloei?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Seer
Liefde en hartseer wat so saam met die liefdespad wandel en nooit weet watter een tref die seerste.
4 jaar 7 maande 1 dag 18 ure oud


Seer
Dis 'n liederlike letsels wat jy briljant verwoord het! Dankie.
4 jaar 7 maande 2 dae 2 ure oud


seer
Goed gepen..
4 jaar 7 maande 2 dae 5 ure oud


engel
Jy het diem seer emosie baie goed oorgedra. Goeie werk:-)
4 jaar 7 maande 2 dae 5 ure oud


Seer
sjoe dis diepseer....
4 jaar 7 maande 2 dae 7 ure oud


Seer
Jaaa, daai letsels wat net weer en weer aan die bloei gaan!

Die eina is baie goed vasgevang!
4 jaar 7 maande 2 dae 8 ure oud


seer
Laat my dink aan die woorde van Rilke:
"For among these winters there is one so endlessly winter that only by wintering through it will your heart survive" - Rainer Maria Rilke.
4 jaar 7 maande 2 dae 9 ure oud


seer
Inderdaad diepseer gepen.
4 jaar 7 maande 2 dae 11 ure oud


.
Genugtig. Nice.
4 jaar 7 maande 2 dae 21 ure oud



TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar