Gedigte

Titel: Seer
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek slaan my oe op na die berge
waar sal my hulp vandaan kom?

Die Woord se van Hom
my Skepper, Vader en Heer

Ek wil nie, mag nie twyfel
maar ek weet nie meer.

Ek, Ouvrou
ons harte stukkend, so bitter seer

Sy in Gauteng, ek in Natal

Here, elkeen op ons eie...
ons kan net nie meer.

Saam in gees
slaan ons
ons oe op na die berge...
Al wat ons vra
U genade
dat U saam sal stap
ons sal dra
en met ons sal wees.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Seer
Jan, ons gebede is by julle. Sterkte, vriend.
4 jaar 4 maande 4 weke 18 ure oud


Seer
AMEN en mag dinge sommer gou vir julle verander... Sterkte vir julle albei Jan
4 jaar 4 maande 4 weke 21 ure oud


Ano
Seer
Sterkte Jan, ons dink daagliks aan julle xx
4 jaar 4 maande 4 weke 21 ure oud


Seer
Oom Jan ek kan met julle identifiseer omdat ons in dieselfde situasie is. Ek in Gauteng en Manlief in die Kaap. Tussen ons is massiewe finansieel klowe en twee stelle kinders wat aanhoudend aandag verg.

Julle weet waar jul krag le. Hy sal ons nie bo ons krag versoek nie, maar Satan sal. God se woorde aan Satan was, "jy mag net nie aan sy lewe vat nie".

Hou vas, bid en weet daar is mense wat sal luister en bid.
4 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 4 ure oud


Seer
Stel 'n balaansstaat op, die negatiewe teenoor die positiewe en oordeel watter een weeg die swaarste.

Sterkte en daar is baie saam met jou op hierdie gebedspad.
4 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud


seer
Jan wees verseker van ons gebede
4 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 6 ure oud


Amen
Ek bid saam met julle gesin . . .
4 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 6 ure oud


Seer


Beslis is ons bede met julle en uit geloof kan ek getuig dat ons Vader soos met Abram sal voorsien -op Sy tyd!

(Oordenk maar weer Jacobus 1 met klem op verse 2 en 3: "Ag dit loutere vreugde, my broeders, wanneer jule in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.")

Groete in Christus!

4 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar