Gedigte

Titel: Self
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soms wonder ek oor myself
oor wie ek nou eintlik is
en soos ek dieper delf
ontdek ek dinge waarvan ek nie wis

Eintlk laat dit my skrik
na my asem snak
lyk dit soos 'n strik
wat my skielik kan laat knak

En dan vra ek vir myself die vraag
Self, wat lê binne in jou
wat is dit wat jy só najaag
wat so aan jou gedagtes vasklou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Self
Ja, soms verstom ons onsself, maar hoe kan dit ook anders, uit so baie verskillende gene saamgestel!

Baie goed geskryf***
6 jaar 8 maande 5 dae 12 ure oud


***
Introspektief. Ek kan vereenselwig. Die stukkie op jou voorblad dui ook aan dat jy 'n diep denker is.
6 jaar 8 maande 5 dae 18 ure oud


self
hou hiervan.
7 jaar 5 maande 1 week 6 dae 15 ure oud


Self
Diep gedig en baie goed oorgedra. Mooi, Gerhard :)
7 jaar 5 maande 2 weke 12 ure oud


self
ek hou baie van die gedig en dit laat mens wonder oor jouself goed geskryf
7 jaar 5 maande 2 weke 13 ure oud


self
ek hou van die rym van die gedig...en hierin le baie om oor na te dink.
7 jaar 5 maande 2 weke 1 dag 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar