Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die woorde ontbreek,
my stem raak skor,
'n vriend, 'n voorbeeld,
'n vakman, 'n vader.

Godsman, leidsman, gesinsman, volksman.
Immer nederig,
skeermesskerp,
terggees met tye,
nimmer haatdraend.
Vrygewig tot die punt van selfbenadeling...

Sy werk was sy trots,
sy woord sy eer,
sy vrou en kinders: sy spoggoed.
(al was hul nie altyd ewe soet.)

Hy het sy lewe feil gehad
vir Volk en Vaderland.
Sy Moedertaal was keurig versorg,
taalstryder lewenslank.
Selfs sy Engels was onberispelik.

Hy het sy sport geniet,
gholf en skiet.
(En biltongjag in die natuur was 'n passie.)
Goeie kompeteerder,
grasieuse verloorder.
Hy het die onreg nie geduld nie.
nooit iemand ingedoen nie,
selfs nie in die naam van "besigheid" nie,
(seker dié dat hy 'n paar keer deur ander ingeloop is.)

Altyd 'n grappie.
(Nie altyd deur almal waardeer nie.)
Groot man,
ou man,
sterkman.
Tandarts,
Boer,
Patriot.

Ons gaan jou mis my pa!
Jy moet lekker rus,
Simon Frederik Papenfus Scheepers.

Jy het mos gesê:
"Die eerste duisend jaar gaan ek net lê
en rus."...
maar dít sal jy beswaarlik 'n week kan volhou,
(ek en ander wat jou ken weet dít gewis!)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Sterkstes
Ai jong - jammer om dit te hoor.
3 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 2 ure oud


Jammer Maat
Pa se Seun. Sterkte.
3 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 17 ure oud


Pa
Baie spesiale woorde oor jou pa, Kwapie. Mens kan die respek en hoë agting duidelik aanvoel. Jy is bevoorreg. Sterkte vir jou en die familie. Ek beaam Rudi se kommentaar :-)
3 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud


die weervoorspelling
....Die man sou erg trots gewees het op jou.
Oor die woordmonument wat jy vir hom gebou het.

..strongs....
3 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud


.
Ek sluk swaar aan die knop in my keel.
Dis pragtig!
Kan die liefde en respek voel in jou woorde.
3 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud



Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar