Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

      ’n leë kamer eggo
      altyd
      die beste
      wanneer jou kop in jou hande
      val
      en jou mond vanuit jou
      rugstring skree
      om hulp
     
      sentrale senuwees bind om versinsels
      my gebede kwyn
      ’n siel huilend in die nag op
      die vloer – hier waar ek my daaglikse
      dosis skoenpolitoer, trane, bloed en semen
      stort
     
      wanneer kasdeure oorverdowend
      klap, die spieël bars en my hulpkreet
      afgelag word deur die karnivaal op die solder
      sal ’n lyk miskien daaraan dink
      om sy melaatsheid aan my in sy testament
      te bemaak





foto: go to your room deur Tertius Fourie

      © T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

seminaar
diep en donker woorde hier vasgepen!!
5 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar