Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Was dit die sap van jeugdige voorvarentheid
wat in jul are vloei?
Was dit die “Genoeg is genoeg” slagspreuke
wat in jul koppe broei
Wie het julle ‘n oorlogmasjien gemaak
wat trots sou sê as een sterf
maak dit nie saak
daar was tien ander wat in sy plek sou veg

Ons sal aanhou veg
vir die meerderheid se reg
Ons sal vat wat ons wil
Lewens verspil
sonder enige verwyt
As ons ouers nie wil opstaan
en vir ons vryheid veg
Sal on kinders onsself gee
en veg vir ons reg

O my God hoe lank nog
hierdie bittere oorlog?
Wat moet ons nog opoffer
vir hierdie stryd?
Watter losprys moet ons nog betaal
vir ons vryheid?


Gewapen met klippe en stokke kan niks hul keer
Die drukpot het oopgebars die jeug is buite beheer
Jillende gillende massas kom soos ‘n mamba aangeseil
Jeug met haat in hul harte wat op die polisiestasie afpeil

Jeug en gereg maak reg om te veg
Niks sou hul keer nie want wat reg is is reg
Die polisie se eis om om te draai val op dowe ore
want om draai is om jou kamerade te verraai dan is die styd verlore

Die swart slang seil al nader oor die rant se kant
Wag eers moenie skiet nie sê ons kommandant
Traangas word met klippe beantwoord
In die oë van die aanstormende jeug is moord

Jongmense van beide oorloë
kyk mekaar vas in die oë
haat word met paniek begroet
Kinders moet met hul lewens boet

Wanneer die eerste skote knal
Die eerste slagoffer val
sterf daar ook ‘n grenssoldaat
in die arms van sy maat

O my God hoe lank nog?
Die bittere haat?
Al die verwyte?
Die moorde?
Die kwaad?
Hoe lank moet ons nog toekyk
hoe ons jong boompies val?
Hoe hul uitgedun word
met geweerskoot se knal?
O my God hoe lank nog
moet ons jeug se wonde bloei?
Hoe lank moet ons nog toekyk
hoe ons mooiste-mooi lelies
in die kerkhof groei?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sharpeville


Ek sidder me tdie terugblik en bid op 'n toekoms vir die jeug van more en oormore. Maar ek het troos in die wete: God bly in beheer!!!

'n Besonderse stukkie werk!
5 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 19 ure oud


Sharpville
sjoe ek is hoendervleis by die lees van hierdie absolute puik gedig!!!! Ja ongelukkig is die hartseer dat die kookpot steeds kook en woel.. die stoompot se deksel is so naby afskiet (onnodige haat????)... Jou slotvers is baie goed en diep!!!.. dankie ook vir die mooi fotos
5 jaar 3 maande 3 dae 21 ure oud


Sharpville
WOW!! dis fantasties mooi geskryf en baie goed ook.
5 jaar 3 maande 4 dae 16 ure oud


Sharpville
Uitstekend gepen. Sal dit ooit stop, hierdie haat, nyd en afguns?
5 jaar 3 maande 4 dae 17 ure oud


Oorlog
Pragtige gedig hierdie, Enso. Dis hartseer dat ons jeug so aangedryf word deur haat en vuur. Ek dink nie dit sal ooit stop nie. Die grootste oorsaak van oorlog is afguns en gierigheid. Die een gun nie die ander enigiets nie.
5 jaar 3 maande 5 dae 2 ure oud


die weervoorspelling
dit is regtig goed gepen.
En jou rym is baie goed.
JOu rym is n voorbeeld vir die nuwe en jong digters hier..en ook vir my van die meer ervare en ouer digters.
all and all: well done
5 jaar 3 maande 5 dae 15 ure oud


Ano
Sharpeville
Die voortvarendheid van die jeug darem. Dis net jammer dat die geskiedenis op so 'n manier geskryf moes word.
5 jaar 3 maande 5 dae 16 ure oud


sharpeville
Sjoe, Enso...goeie werk hierdie. Hoe lank nog?...dis die hartseer vraag...Ek hoop tog altyd so ons kan oplossings vind..
5 jaar 3 maande 5 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar