Gedigte

Titel: Sielsgedig
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As ek in jou oë kyk, sien ek ‘n jong gees
wat die lewe voluit geniet, ja elke oomblik.
Wie nie bang is om vir ‘n rukkie net te wees
Sonder gedagtes wat pla en vrees

As ek in jou oë kyk, sien ek ‘n ou gees
Wat foute maak en daaruit leer.
Wie se kop ouer is as wat sy is
En wie net die beste vir almal begeer.

As ek in jou oë kyk, sien ek ‘n kreatiewe gees
Wat alles uit niks uit kan maak.
Wie ‘n kuns is vir die mense wat haar lief het
Wat enige een se hart kan aanraak.

As ek in jou oë kyk, sien ek liefdevolle gees,
Wat lief is vir almal, selfs die een op straat.
Wie jy nie kan help om terug lief te hê
Wie haar hart ooplaat om ‘n verskil te maak.

As ek in jou oë kyk, sien ek ‘n beeldskone gees
Pragtig, van binne en buite.
Met sprankelende glimlag en aard,
Sy is werklik ons Queen of hearts kaart.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sielsgedig
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Liefdes projek
5 jaar 11 maande 1 week 6 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar