Gedigte

Titel: Sien jy?
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sou jy jouself kon eien?
Die beeld wat mettertyd verskyn
waar jy jou brandend'dors wou les,
in stil natuur met boom en mos omring...
wie is jy,
weet jy wat's jou identiteit
as jy diep na binne kyk?

Die boom, die blaar, die gras, die lug-
is jy die wolk wat water dra en vlugtig opbou in die middaglug,
of's jy bewus dis jy wat kyk,
die een met die gesig?

Die lelie met die wortels
in die modderige slyk,
die blanke bleek met watersmag
en reineprag,
of gifbol pienkblom droogteplant
wat niemand vra vir vog
en hardenek die droogtenson
in rante kan oorleef?

Selfs dan sal jy as plakkie tog moet wag
vir donderbui en waterliefdesvloed
om dan na dae bloei te stoot na son
en in die lig van nadag infrarooi
die mens te lok
en oopbek te laat staan
in stil bewond'ring oor die seldsaam prag.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
My tipe vers.
5 jaar 3 maande 1 week 5 dae oud


sien jy
WOW!!!! Dis ongelooflik mooi
5 jaar 3 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


Ek sien
Puik werk hierdie van jou, Woordverwerker. Hierop moet jy voorwaar trots wees. Dis 'n gedig wat mens laat nadink en terselfdertyd 'n mooi prentjie skilder. Dit gaan gunsteling-boks toe, want dit moet weer gelees word. WELGEDAAN, meneer :-)
5 jaar 3 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


sien jy
baie mooi woordskildery
5 jaar 3 maande 1 week 5 dae 17 ure oud



Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar