Gedigte

Bladsye:
Titel: Sien My
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

SIEN MY (29/02/2006)

Sien my Here, hier waar ek le in my smart.
Sien my Here, waar ek sit en huil met my gebreekte hart.
Sien my Here, daar waar ek lag en daar waar ek huil,
daar waar ek U ken en daar waar ek net verby U stap en nie eens groet nie.
Daar waar ek op die koue kombuis vloer sit en huil en my gesig in ‘n poel vol trane le.
Here, daar waar ek die oproep ontvang wat ons almal vrees.
Sien my Here my Vader en Redder.
Sien my daar waar ek so swak en alleen is.
Sien my vir wat ek was, is,gaan wees en wat ek wil wees.
Here, sie my as dogter, geliefde, vriendin, Christen en mens.
Sien my met al my voute Here, met al die seerplekkies op my siel.
Sien die oues wat net merke gelos het, sien die wat nog bloei en die met roofies.
Here, O my Here.
Asseblief sien my net.
Sien my as U kind, wat gewas is met U bloed.
Sien my daar waar ek met my kruis loop en daar waar ek met hom val en sien selfs die dae waar ek net nie meer kan nie.
Sien my op my goeie en slegte dae.
Sien my spesifiek op dae waar depressie my vreygde wil steel.
Here, net U sien my waarlik.
Net u ken die mens volkome.
Net U ken my werklik.
Net U sien my soos ek regtig is.
Here, sien my…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sien my
Wow...Jou gedig is absoluut fantasties!! Dit laat my aan my eie lewe dink...Ek val ook en skraap my knee stukend...Maar as ek op kyk dan sien ek n groot hand wat met lig om ring is wat my op tel en teen sy bors vashou...

Baie dankie vir die gedig, dis pragtig

groete
A. J. Le grange
11 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    As drome waar word

    deur Evelyn van der Merwe

    Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar