Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sigarette, whiskey en wilde vrouens
kan ‘n resep vir plesier wees,
of vir dood op die lange duur.

Sigarette is lekker om te rook
en party mense meen
dat dit hulle slank hou
en iets doen,
om die senuwees te bedaar
en as ‘n seun het dit uitgetoets
maar besluit om nie
daardie tinteling myne te maak nie.

Rokende mense ruik verskriklik
en ook alles rondom hulle,
terwyl hulle as
sorgloos rondstrooi.

Tuberkulose of longkanker is ‘n verskriklike dood
en om stadig asemloos heen te gaan,
is iets wat ek met plesier
sal vermy.

‘n Meisie het my aan whiskey voorgestel
wat wonderlik was
en dit was regtig iets
om daardie vuurwater te drink
tussen soene deur
en passie te voel op bou,
maar soos ‘n goeie vrou
moet dit in betaamlike mates
geneem word
of dit sal jou verander
en deur die mag daarvan
van alles wat jy het ontslae raak.

Wilde vrouens mag werklik plesier gee
en oulik en pragtig wees,
maar die kans om ‘n blywende of dodelike siekte te kry
is die risiko wat mens met hulle vat.

Sommige mans slaap met elke vrou
wat hulle ontmoet en dink daaraan
as iets groots en wonderlik
en floreer daarin
om ‘n string meisies op ‘n slag te hê
en speel en speel weer
en het baie plesier,
aangesien geen nooi ooit dieselfde is
met betrekking tot persoonlikheid, reuk
tekstuur, liggaam en seks.

Een meisie is hard genoeg om te verstaan
en lief te hê
en daar is veel meer daarin
om liefde te maak,
as om te verwek
vir die verlustiging daarvan

Ek het Anne se gedig vandag gelees
en gekniel en gebid,
om my oë op die nou paadjie te rig
en daarop te bly.


[Verwysing=>Cigarettes, whiskey and wild, wild women deur Anne Sexton.]



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Volg net die Skoenlappers

    deur Anria

    Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar