Gedigte

Titel: Silhoeët
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

jy daar in die donker
met jou skaduwee figuur
jou uitgestrekte hand
wat wink na my

wie is jy om my so laat
met jou gestalte te lok
die vreemde in
sonder woorde

waarheen dink jy sal jy my neem
in hierdie donkermaan
kaalvoet oor die berge
sonder ‘n kolletjie lig

gaan jy my weer terugbring
veilig in jou nabyheid
dra oor dorings verby takke wat krap
in die veiligheid van my tuin

hoekom raak jou gestalte dan nou so dof
word jy bang vir wat wag
of is dit ek
wat te lank talm

©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Siloeet
Ek stem met almal.

Hierdie is waarlik meesterlik gepen.

4 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 21 ure oud


Silhoeet
Joe Ans. Ek het nie woorde nie. Gaan sit diep in my siel.
4 jaar 3 maande 1 week 2 dae 23 ure oud


behalwe vir di e'vou',hou ek hiervan.
sien onderwerp
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 5 ure oud


silhoeet
ans hierdie is mos n meesterstuk
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 10 ure oud


Silhoeët
Ja ~ dit laat mens regtig dink . . . uitstekende metafoor.
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 11 ure oud


Silhoeet
Uitstekend. Ek het nie woorde nie.
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


Silhoeet
wow.. hierdie is briljant gepen!!!
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar