Titel: Silwer seisoen
Weergawe: 2
Aantal woorde: 88
Kere gelees: 44
Datum gepubliseer: 07 Mar 2010
Jy was 'n silwer seisoen
Versier met groen verassings
Ek was natuur se weduwee
Winter-kaal en kleurloos.
Jy kon duidelik sien
My siel was was vas betrap
In 'n gebreekte grafsteen.
En ek het niks geweet
Van roomys drome, wilger bome
Of die heiligheid van somer reën.
Ek sal nooit vergeet
Hoe, in die sterlig
Jy my naam verander het
Na 'n gedig.
En in jou vrugbare voetspore
Was ek van voor af gebore
Terwyl jy, in die sonsopkoms van my toekoms
Vir my 'n sandkasteel bou.
Lees ander gedigte deur Ilva Pieterse
E-pos my as kommentaar gelewer word
Raporteer foute/ongewenste inligting rondom die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Weergawe: 2 | 1 jaar 11 maande 1 week 1 uur 42 minute gelede gelewer
Stunning gedig - hou baie van jou laaste twee reels!
Weergawe: 2 | 1 jaar 11 maande 5 dae 17 ure 35 minute gelede gelewer
baie mooi gedig.... ek het die een geniet
Weergawe: 2 | 1 jaar 11 maande 4 dae 12 ure gelede gelewer
Besonderse beelde. Baie mooi geskryf!
Weergawe: 2 | 1 jaar 6 maande 3 weke 15 ure 34 minute gelede gelewer
Love die gedig van jou! Is ek nou bly het jou raak gelees.
Weergawe: 2 | 7 maande 6 dae 1 uur 43 minute gelede gelewer
Onderwerp:
Love it! Great gedoen!

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur

Resensies
Gedigte
Woes-Nuus
Artikels
Rubrieke
