Gedigte

Titel: Silwersout
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Silwersout loop die trane
oor wange koud en bleek.
Oë vra vra waarvan die antwoorde ontbreek.

ñ Hand wat moedeloos van ñ skouer af gly
ñ hart wat ween
oor dinge wat ongesê moet bly.

Silwersout loop die trane
nat en koud en stil
Oë staar terug soos ys, so kil.

ñ hart wat genadeloos gebreekword en kneus
ñ siel wat knak
oor dinge wat weer en weer moet wees.

Silwersout loop die trane
moeg en eensaam en leeg
Oë wat brand, te moeg om te beweeg.

Hoop wat sterf en wanhoop neem oor
ñ Vrees vir wat kom
liefde maak plek vir wantroue,
en dit alles deur hom.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

silwersout
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Liefdes projek
4 jaar 10 maande 6 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar