Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

met jou bruids-kant-skuim
omsoom jy jou branders so mooi
wat oor skulpgruis na sandstrand loop
ewig, mooi en pretensieloos

sing jy daglank jou sielsalige simfonie
in kalmererende wonderklank
jou sielswater deur wind geroer
waar dit skuim oor klip en rots

in ou-ou skeepskelders van lank geleë
in duisligwekkende dieptes van die see
waar seelewe daagliks oor vee
hou jy wag – rustig en ook tevree

luister ek stil na die simfonie
van my geliefde blou water
weet ek dat jy deur seewier en alg
soveel geheime diepsee-siel verberg

© Anzé Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

See
Baie mooi gedagtes!
5 jaar 8 maande 5 dae 7 ure oud


blou water
So pragtig verwoord en beslis n groot treffer Anzè!
5 jaar 8 maande 6 dae 16 ure oud


2
Dis so lekker om te lees hoe raak jy liries oor branders en die see! Dis heerlik om te lees!
5 jaar 8 maande 1 week 14 ure oud


Schalk Le Roux
Schalk Le Roux
See
'n Gedig so na my hart...
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 12 ure oud


See
Puik, die see in al sy fasette!
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 13 ure oud


Rustig
Hier beskryf jy die see net soos hy elke dag is
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 16 ure oud


Blou water
Dit is pragtig, hoor die lied van die see.
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 17 ure oud


Blou water
Die see se het somtyds net so baie verborge geheime net soos wat ons as mense elke dag met ons saamdra.
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 22 ure oud


Kommentaar
Pragtige werk uit die skrywerskwas!
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 23 ure oud


.
Soos die maan, dink ek, het die see net daai iets wat 'n mens net die heletyd daaroor wil laat skryf.
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 23 ure oud


simfonie
"kalmerende wonderklank" pragtig gesê.
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 3 ure oud


simfonie
die see se eie simfonie pragtig verwoord soos net jy kan
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 4 ure oud


foto 2
Ongelooflik mooi!!!!!
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 4 ure oud


Simfonie
Darem so 'n bekorende simfonie..Mooi gedig, Anze!
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar