Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

deur die sagvat van jou liefdeshand
gekoester in die hemelse staar
van jou irisse se sagte kyk
daar waar jy my kom kroon
tot konining van jou hart

hier voel ek veilig
soos ‘n fetus in vroedwater gekrul
hoor ek die klop van jou hart se stem
word ‘k daagliks gevoed
soos blomkelke
deur die soete nektar
van jou opregte omgee

sien ek die trotse besitreg
in die weerkaatsing van jou oë
wil my voete huppeldans
saam met die simfonie
van jou asem se lied
omdat ons saamwees
soveel passie bied

© Anzé Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Simfonie van jou asem


O,ons eie besinger van die liefde... jy het dit weer gedoen want jy kan!!!
4 jaar 1 maand 1 week 5 dae 5 ure oud


simfonie
want juis so, moet die liefde wees ...

Puik gepen!
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae oud


asem
Die passie van liefde pragtig beskryf
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae oud


Simfonie
So mooi en jy het n manier om die liefde so pragtig te beskryf.
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 1 uur oud


Simfonie
mooi....baie mooi!
4 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 23 ure oud


koninging van my hart
Anze,
Dit is puik geskryf, en ek het dit geniet.

Carolus
4 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 1 uur oud


Simfonie
Uitstekend, die werk sing tot my.
4 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 6 ure oud


simfonie
Pragtig...
4 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 14 ure oud


Simfonie
Skitterende puik werk.... ek moes dit net weer en weer lees!
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 1 uur oud


Simfonie
Liefde soos Beethoven se musiek simfonie geskryf. Het dit twee keer moes lees en ook vir my geliefde ou werderhelftetjie. Moes egter eerlik wees en vir haar vertel wie dit geskryf het. Dat dit nie ek was nie maar dat die woorde so treffend waar is vir ons twee ook. Pragtige
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 5 ure oud


simfonie
eenheid in die liefde sktterend saam gevleg soos niet die liefdes koningin in gedigte dit kan doen
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 11 ure oud


Z
Hoe mooi vat jy eenwees vas. Skitterend
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 15 ure oud


Simfonie
'n Simfonie soos net jy dit kan doen.
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 17 ure oud


Simfonie
Ervaring/belewing in woorde - mooi!
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 19 ure oud


Simfone
Nog 'n wenner, beeldskoon mooi!
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 21 ure oud



Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar