Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

gee my jou hande
vir die heel laaste keer
kyk, ons albei het letsels
ons albei het seer
wys vir oulaas jou wonde
en ek wys jou myn'
beide geskonde
gevlek en onrein

die lig in jou oë
dit bly my ontwyk
eens was daar sterre
en lag in jou kyk
hoe sag kon jou blik wees
hoe kil is dit nou
gister se warm
tot yskoud verflou

*

en onthou jy September
die son deur my ruit
die kwikstert en mossies
wat fladder en fluit

*

bly net 'n oomblik
vertoef net 'n uur
rus in my stilte
voel weer die vuur
eens tog genote
dit was ek en jy
kom môre, my liefling
is dit vir altyd verby

laat die klank van jou stem
my weer streel soos musiek
en die sang oor jou lippe
weer die liefde liriek
en sing net vir oulaas
weer 'n Elvis verdriet
(are you lonesome tonight)
dis die heel seerste lied

*

maar onthou jy September
en my blomparadys
die duif en die muisvoëls
in die boom langs my huis

*

en netnou, ja netnou
is ons vir altyd verby
so, vertoef net 'n oomblik
vir oulaas by my
'k wil sê dat ek liefhet
dis swaar om te praat
soveel nooit gesê nie
en nou's dit te laat

maar net voor jy omdraai
net voordat jy gaan
hou my net vas, lief
en sê jy verstaan
gee vir oulaas jou hand
en ek gee jou myn'
kyk, ons beide het letsels
geskond' . . . en onrein




C. Shaw
30 Augustus 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sing
O jinne toggie...woorde kom kort, want ek wil nie weer dieselfde 'puik,briljant en fabulooslik' se nie. Nee, ek soek na groterer woorde soos ons hier inni Kaap sal praat.

UITSTAANDE slot strofe!!!
4 jaar 2 weke 5 dae 17 ure oud


Elvis
vandag eggo ek vir Rudi!!! Absoluut PUIK!!!
4 jaar 2 weke 5 dae 20 ure oud


Letsels
Dit is werklik n pragstuk Carma.

Ek is mal oor die gedig!
4 jaar 2 weke 5 dae 21 ure oud


die weervoorspelling
eendag,as ek groot is,wil ek soos jy kan dig.
Net absoluut manjifiek.
die moet net eenvoudig n song word.
(Laurika salit so mooi sing..saam clavier..en mondfluitjie....).
EN dit MOET sommer die 1ste vers in jou volgende bundle wees.
**************
4 jaar 2 weke 5 dae 22 ure oud


Elvis
Hier het jy gegaan vir goud en dit loshande bereik. Fantasties gepen.
4 jaar 2 weke 6 dae oud


Elvis.
Hierdie vat my terug na '61 met my matriekafskeid toe "Now or never" die GROOT hit was en ek 'n plaasoutjie wat die wêreld moet in en 'n meisietjie agterlaat. Seer...seer...seer.
Pragtige vers die, Carma.
4 jaar 2 weke 6 dae 1 uur oud


Letsels
Ek is mal oor die laaste vers. Dit sê so baie!! Pragtige werk
4 jaar 2 weke 6 dae 12 ure oud


Letsels . . .
". . . die liefde liriek". Dis wat jy (meesterlik!!!) kan doen.


*"so, vertoef net ('n) oomblik
vir oulaas by my . . ."?
4 jaar 2 weke 6 dae 14 ure oud



vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar