Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek probeer al weer te hard
om sin te maak met woorde,
letters op mekaar te pak
in 'n liederlike hoop:
dat letters
per ongeluk
reg sal val
in karakters en paragrawe
om in jambiese oktawe
tot God se woning op te reis.

Voor my oë verrys
'n monument van Babel;
dit brabbel in vermaak,
ritme maar geen stof -
geen konkrete mengsel
wat saam met blokkies gruis en water
ooit op aarde hart sal raak nie.

En as dit val
breek die chaos
in sinlose klanke uit.
Sodat
beskrywings onbeskryflik
wysheid onbewyslik
ritme sonder reis
die wêreld in sal spat.

En die skares dans
tevrede
op die bas ge-oemf:

hier is niks
om verkeerd te bewys nie.
Die klanke is plat,
die dam lê wyd.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vir my maak dit steeds sin
7 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud


Sin...
en tog as jy skryf, val dit reg. Die woorde.
7 jaar 8 maande 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar