Gedigte

Titel: Sintuie
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Vars bries op ‘n soel somersdag
Gelaai met die belofte van laatmiddag reën
Bye wat tuimel en tart
Tussen liggeel Apiesdoring blommetjies
So intens in hulle soeke dat jy dit kan hoor
Die vars reuk van gesnyde gras
Waatlemoen vars in jou neus

Al my sintuie word aangerand en bedwelm op hierdie dag
Behalwe my mond
Want ek kan jou nie proe
As jy so ver is nie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

SINTUIE
Ai, daardie onoorbrugbare afstand wat die een sintuig ontneem van sy funksie!! :-) Mooi gestel!
5 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 7 ure oud


Sintuie
Wow! jy skryf hom pragtig
5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 5 ure oud


Sintuie
Afstand veroorsaak altyd die probleem van onbereikbaarheid...maar die reuk van gesnyde gras en Waatlemoen maak seker so 'n bietjie op daarvoor...?

Oulik geskryf!
5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 6 ure oud


sintuie
eina mooi geskryf... soos net jy kan!!
5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud


--
Ai tog, als wat mooi is om jou behalwe jou liefde, jy soek haar tussen al die prag, maar sy is te ver...
5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 20 ure oud


.
Pragtig!

" Tussen liggeel Apiesdoring blommetjies so intens in hulle soeke dat jy dit kan hoor "

mooi geskryf!
5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 21 ure oud


sintuie
Uitstekend verwoord ! Baie mooi .
5 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 12 ure oud


Sintuie


Jou slotreels is die afwerking wat hierdie enetjie uitlig! Baie goed.
5 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 23 ure oud


sintuie
hierdie is nou regtig n mooi gediggie. die probleem is daardie waatlemoen ai so lekker maar in my geval weier ek om R60 vir n waatlemoen te betaal, dan bly ek sonder hom. Hulle noem dit verbruikers weesrstand
5 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 2 ure oud


Ai...
so 'n mooi vers. Jammer oor die verlang wat maar net nie wil wyk nie...
5 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 5 ure oud


sintuie
Nou het jy my behoorlik lus vir waatlemoen. Ek dink jy het baie goed gedoen hier...ek ervaar die sien, reuk en tas sintuie duidelik. Jou tweede strofe spreek van intense verlange...
5 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 11 ure oud


Sintuie
Het dit vandag alles geruik en ervaar, behalwe daardie een wat so ver is.
5 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 12 ure oud


Prroe
Ag dis onverbeterlik, vernaamlik jou slotvers!

Mal daaroor,O
5 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar