Weergawe:
Aantal woorde: 126
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 16 Jul 2007
Sodat almal my kan hoor,
maar die eggo van my getemde stem val op dowe ore
Ek sing
Sodat verligte drome gestalte kan vind,
maar die melankolie van my klanke dryf hul nie nader nie
Ek praat
in sinne onbeskryflik droog,
bevange in die klop van my hart se slag,
die leeg gesapte ritme tref jul nie
Ek veg
Sodat my vlerke bewaar mag bly,
maar word weer en weer herinner dat ek alleen staan in hierdie wentelbaan
Ek lag
Sodat die opgedroogte trane kan disekteer en afdop, my siel weer heel kan word
Al hierdie dinge doen ek
met jou wat bly hier in my agterkop-
Maar die kanaal verdun met die oor
gang van die winterswind wat
my polse kloppenderwys versadig sny.
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Anze Bezuidenhout
Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.