Titel: sjampanjeproppe hou aan spat
Weergawe:
Aantal woorde: 89
Kere gelees: 1183
Datum gepubliseer: 09 Oct 2006
die kind kyk hoe kots die aarde grond
sien hoe vlees gesaai word orals rond
van ledemate wat spattend val
proe hy in sy keel bitterbrand gal
van die ryk mense wat hom lewendig eet
soos gulsige vrate vleis afstroop en vreet
waar hul met 'n teken van ink
mense moor en vlees vermink
en die kind sit stil en bang alleen
geen trane oor om uit te ween
want hier weet hy hy gaan sterf
tussen vrot lyke op die dood's werf
.
.
.
en die sjampanjeproppe hou aan spat
Lees ander gedigte deur Aap sonner hart
E-pos my as kommentaar gelewer word
Raporteer foute/ongewenste inligting rondom die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Weergawe: | 5 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 7 ure 54 minute gelede gelewer
Onderwerp: Sjampanje proppe
Verduidelik asseblief bietjie
ek verstaan hierdie een nie so
lekker nie. Dankie groete
Weergawe: | 5 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 1 uur 57 minute gelede gelewer
Ag ek was sommer net bitter kwaad oor die mense wat Afrika (en die wereld) plunder van hulle natuurlike grondstowwe sonder dat die plaaslike populasie enigsins daarvan iets kry. Soos bv die Irak oorlog, waar die oliepyplyne beter opgepas word as die Irakese ministers en mense. Of die diamant industrie hoër op in Afrika wat deur ouense soos Executive Outcome opgepas word. Of die burger-oorloëe wat aangehits word sodat daar meer wapens aan altwee kante verkoop kan word. Net al daai klas van stront. En die ryk mense wat al die geld maak, en boggerall omgee hoeveel mense hulle verwoes. (hoop dit maak so bietjie meer sin!) Lekker dag! Aap (op sy soapbox)

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur

Kortverhale
Woes-Nuus
Artikels

deur natasha dutton
"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...