Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

dromerige sublieme hemelse delikatesse
ek ruik en proe snakkend smakkend

antenna uit en ervaar satyn stominge
van ryk romerige donker wellustigheid

truffels sluimer en nestel dik en prikkelend
teen my behaaglike verhemelte

my tong rol saggies oor die soet en warm smaak van
laventel-vanilla, turkse koffie met kardamom

soms voelbare seesout korreltjies
ek gryp koorsagtig na die krakerige verleidelike blaadjies

kies die gekarameliseerde gemmer en koffie
my neus snuif die ander speserye geure soos kaneel en kakao stof

ek is volslae verlei en gereduseer tot klei
dik en spinnend tevree en volrond anti-oksidant



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ek is lus


. . . . vir sjokolade,

sal more een gaan koop, dis nou te koud
7 jaar 9 maande 6 dae 16 ure oud


Ita
soet genot
pragtige woordkeuses en heerlik verlydelike drome van soete genot! Mooi geskryf!
7 jaar 9 maande 1 week 2 dae 22 ure oud


Ek het nou teruggedink aan die Film 'Chocolat"....Sintuiglik 'n absolute wenner....
7 jaar 9 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


swymel ...
Jislaaaaaaik ... jy toor met sintuie en woorde ...
7 jaar 9 maande 1 week 3 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar