Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Donker kant van die lewe,
met skadu en misterieuse geheime,
vol spinnerakke van die verlede,
angsgillende vlermuise van haar gewete.

Uitgekap, soos die grot waarin sy bly,
is die skadu van ‘n grotvrou.
Depressie spoeg, uit die grot se keel,
Vol donker, binne duister.

Water drup van die stalaktiete
soos trane van haar oë.
Die pyn vorm ‘n stalagmiet
in die holte van haar hart.

Smart stroom van mure af,
en sis die woorde,
wat deur skeure van jou gemoed stoot.
Dit is die legende van ons grotvrou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dit is regtig 'n diep gedig en jy het dit uitmuntend weergegee. Groot handeklap vir jou vir hierdie een vriendin.

Liefies,
PM
11 jaar 20 ure oud


ek weet jy kan dig, maar hierdie is skitterend
a.
11 jaar 1 dag 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar