Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


'n sekel maan groet
hoog bo toppe
van ou eike’s vanaand,
sleep voet kraak
'n eerste roes
nog 'n somer
se uurglas amper leeg

Die laning praat
weer in tale
meer as gewoonlik
'n ander gevoel!
koel kalmte miskien

My kop draai in anders hoop
en wonder of daar ‘n plek bestaan
waar vrede rus wag
in die storm stil alleen van my hart

Voete strompel
arms styf
om my bors gevou
asof ek myself
afsluit, bot hou
teen nou

My hart donder
onreëlmatig
deels buite beheer
my gedagtes
verskiet
in woorde
se dood-dood stiltes

Dis kouer as vroeër
ek kan voel hoendervleis
wat my vel tart
as ek verder toetrek
afsluit
in die skadu
se sekel sny

Sou ek gister se boek blaaie
kon toemaak
as ons paaie moes kruis
sou ek huiwerend
hart se opsitkers kon aansteek
sonder dat my vlerke
swart skroei

BennyB
20/02/2012 © Barend Booysen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Skaduhart storms
Hou veral van ... my gedagtes verskiet in woorde... pragtige gedig
8 jaar 2 maande 4 weke 14 ure oud


Opsitkers
Die hart se opsitkers en die swart verskroeing van vlerke. . .'n baie mooi beskrywing.

Vonnie
8 jaar 3 maande 6 dae 2 ure oud


Skaduhart
Pragtig! En jou slotstrofe tref soos 'n vuishou op die hart en ek vra dieselfde vraag.
8 jaar 3 maande 6 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar