Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy, Skarlakenvrou, toegevou in sonde
Wilde lewe, gewete begrawe, onsigbare wonde
Voel jy die prikkels van die lewe as jy voortstrompel
en jou vangnette sprei na hulle wat jy kan oorrompel?

Jou sluwe woorde vernietig en verkul
Jou dade en planne met boosheid gevul
Steek jy jou gevoellens onder `n masker weg
Terwyl jy lewe ongeerg

Pille en drank, ongemeet
Is dit hoe jy van alles vergeet?
Jy sien nie meer die waarheid raak
Deur alles as ligtelik af te maak

Die pad lyk duister vorentoe
Jy weet nie verder, jy weet nie hoe
Is hierdie sondes deur jou voorgeslagte oorgedra
of sal jy jou kinders laat trek aan hierdie sonde-wa?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

skarlakenvrou
Sjoe hierdie gedig maak my sommer treurig. N vrou is so kosbaar mooi geskape en dan kry jy die uitsondering en dan dink ek aan: as die sout laf geword het.
5 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar