Gedigte

Titel: Skemer
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Dis nag ,
maar die donker is skemer.
Groot Eskomligte sprei
‘n geel gloed deur die huisies.
Dis stil,
maar my hart klop ‘n duisend desibelle...
Afwagtend op ‘n gereelde gebeure
‘n alledaagsenheid in hierdie sfeer.

Dis nag,
maar die donker is skemer..
En ek sien hoe hy oor haar klim
en die stadige ritme begin.
Dis stil..
Maar ek hoor hoe die opgehoue asems raas.
Afwagtend op ‘n gereelde gebeure
‘n alledaagsenheid in hierdie sfeer.

Dis nag,
maar die donker bly skemer...
En ek sien hoe hulle hygend in mekaar vloei ...
Gedempte vreugdesgemor!
Dan die stilte...
Maar ek hoor hoe hard die kinders hul ogies knip.
En dan wag vir die son...
‘n Alledaagsenheid in hierdie sfeer .


G. C. Accom



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar