Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


o helder, helder water
o groenste, groenste blaar
kyk hoe lê die lelieblom
so skoon onskuldig daar

*

'wyl skemer teen die wal kom rus
kwaak daar nog paddas in die dam
tussen lang gras en 'n rietpol
word stille skadu's vasgevang

o diepste, diepste klowe
waar dit eggo sonder taal
hier boggom bobbejane
reeds vir eeue hul verhaal

en hoër op teen die hemele
skakeer die wolke goud en grou
poog die hange en die kranse
vergeefs aan sonnestraal te klou

o hoogste, hoogste pieke
die heel laaste lig verdwyn
dis oor Jonkershoek se berge
wat die sekelmaan verskyn

en onder skittersterre
hierdie helder nag ten spyt
vind die lug 'n wonder oomblik
om na sagte reën te ruik

*

o donker, donker water
o groenste, groenste blaar
kyk hoe slaap die lelieblom
so doodonskuldig . . . daar



C. Shaw
15 Desember 2015






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Natuur
Jy't die natuur so mooi hier beskryf, puik !
3 jaar 9 maande 4 weke 16 ure oud


Hmmmmmmmm...
Hoe weet jy die lelieblom is onskuldig? ;-)
Mooi beelde, mooi geskryf.
3 jaar 10 maande 6 dae 12 ure oud


Jonkershoek
Ek stem saam met Anze, BRILJANT!!!
3 jaar 10 maande 1 week 2 dae 7 ure oud


Jonkershoek
net een woord.... BRILJANT!!!
3 jaar 10 maande 1 week 3 dae 11 ure oud


SKEMERAAND OOR JONKERSHOEK


Lieflike ritme met selektiefgekose woorde drup steeds verfnat in die 'na-prediking' van hierdie skilderwerkie van jou sagfstrelend op die sinkdakkie van my genieting... Pragtig!
3 jaar 10 maande 1 week 3 dae 14 ure oud


Donker
Hierdie is 'n puik gedig!
3 jaar 10 maande 1 week 3 dae 15 ure oud


Amper kliek ek volgende...
...darem myself besin en besluit om tog kommentaar te lewer, want dit sou krimineel wees om nie jou virtuele hand te skud en te sê "Welgendaan" nie.
Dit was waarlik bevredigend om te lees en te weet dat ons nou hier met talent te doen het.

Hier in die onderste wêreld is dit net so droog en jou laaste twee strofes het dit mooi reggekry om lafenis te bring aan my gemoed.
3 jaar 10 maande 1 week 3 dae 17 ure oud


Ek sê nie graag 'verdomp' nie, maar wat kan ek nou anders sê?
Verdomp, maar dis briljant. Én mooi. En, en, en . . . én die rym is so ontsettend natuurlik en vloeiend. Jy laat dit so máklik klink. Maar ek wéét dis kuns uit die hoogste rakke!

TOP CLASS!
3 jaar 10 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


Jonkershoek.
Hierdie is uit die boonste rake en net soos Viooltjie dit kan skryf. Kwaliteit op sy beste.
3 jaar 10 maande 1 week 4 dae 6 ure oud


skemeraand
Carma diamant vir hierdie pragwerk
3 jaar 10 maande 1 week 4 dae 13 ure oud


Skemeraand
Ongelooflik mooi. Jy laat my sommer verlang na my wereld.
3 jaar 10 maande 1 week 4 dae 14 ure oud


Sjoe
Dis 'n ode, 'n skone lied, onverbeterlik pragtig!

Where have all the composers gone?
3 jaar 10 maande 1 week 4 dae 14 ure oud


die weervoorspelling
o ja..jy weet net hoe om prentjies met jou woorde te skilder.
beautiful.
*************
3 jaar 10 maande 1 week 4 dae 14 ure oud


skemeraand
Pragtig. Vir 'n oomblik was ek êrens anders. Goed gepen.
3 jaar 10 maande 1 week 4 dae 15 ure oud



HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar