Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Agter tralies in die veld
lӗ geheime in die spoke wӗreld
van dekades gelede
in ‘n eeu oue tronk opgesluit

Teen die murasie
se witgekalkte mure
is raaiselagtige woorde geskryf
waarin my gedagtes verdwaal

Tot skaduwees lank
teen die klipmure uitrek
pons dan die stippels
van die son se krummels
deur gister se verlange

Wanneer die laaste skemerduiwe
agter die bouval in ‘n boom gaan sit
flikker die duiwe se vlerke silwer
teen die wrak van vandag se ruite






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Skemerduiwe
Dit vat my terug na die murasies in Suid-Wes se vlaktes. Wonder jy soms wat was toe die vier mure nog staande was. Pragtig!
5 jaar 3 maande 1 week 1 dag 17 ure oud


die weervoorspelling
jaloers op jou titel.


Uitstaande slotstrofe.
VERAL die laaste reel.
5 jaar 3 maande 2 weke 20 ure oud


skemerduiwe
suzette dit is voorwaar n pragwerk
5 jaar 3 maande 2 weke 1 dag 7 ure oud


Skemerduiwe
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die BOUVAL EN WRAK projek.
5 jaar 3 maande 2 weke 1 dag 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Destined to Love

deur Rachelle du Bois

As she sat down on her suitcase, despair almost overwhelmed her. The events of the past week should have prepared her for something like this – this old house with this overgrown garden in this godforsaken little town in the eastern Free State of South Africa, which was left to her by a grandmother she had not known existed. But as she steadily began uncovering the secrets of her granny’s and her mother’s past, she found her destiny here, irrevocably linked to her smouldering neighbour, Julian du Toit. He'd made a promise to her grandmother that he fully intended to keep.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar