Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Dis Oujaarsaand teen Meintjieskop
en soos die polsing van ’n hart se klop
is die klokkespel en ’n uur wat slaan
suiwer klanke in die maanligbaan.

Van nêrens dan met alle mag
dit ruk en skeur en wond die nag
kanonne wat in die vêrte bulder
luider woester en al wilder!

Alles tekens vir die wrede lot
om langs my lewensweg te bot
dood onskuldig vroom en soet
slegs ’n vrou van vlees en bloed.

Maar beswaarlik kon ek wis
wat die toekoms op sou dis
die gordyn het pas oopgegaan
vir die drama se bestemde baan.

’n Lang relaas ’n eenbedryf
in smart en trane neergeskryf
die skemerwêreld van ’n skisofreen
’n gees gespleet tot op die been!

Vir vriend en kind en eggenoot
’n stormsee ’n lewenddood
Here wat is tog die doel
van so ’n bitter-donker poel?






MOENIE die titel en jou naam hier invoeg nie. Dit word outomaties bo aan bygevoeg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Goeie gedig. Die twee slotverse is waarlik treffend.
4 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 10 ure oud


Skemerwereld
’n Lang relaas ’n eenbedryf
in smart en trane neergeskryf
die skemerwêreld van ’n skisofreen
’n gees gespleet tot op die been!

Pragtige vers uit 'n puik gedig! Jy doen dit goed.
6 jaar 4 weke 1 dag 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar