Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

branders rol eentonig voort
bou stormagtig in krag
breek op rots en sand
spoel alles skoon
voetstappe uitgewis

gedagtes woel en maal
worstel met vergange dinge
herinneringe van verlede klou

kom branders
spoel oor my
red my van gisters
maak my strand van die verlede skoon
gee my kans vir oorbegin
met skoon gespoelde verlede



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

--
Jou gedig is treffend! Die boodskap wat ek hieruit gekry het is dat God al ons sondes vergewe en dat ons so wit soos sneeu weer oor kan begin.
6 jaar 3 maande 4 ure oud


***
Hierdie gedig spreek tot diep in my siel vanoggend. Mooi geskryf.
6 jaar 3 maande 3 weke 1 dag 9 ure oud


Skoon
Ons almal het van tyd tot tyd so 'n skoonspoel nodig.
Dra tog so swaar aan al die ou bagasie.

Dit laat my aan wedergeboorte dink. Om die dood onder te laat en nuut te herrys.

Dra positiewe boodskap oor en mooi bewoord.
7 jaar 1 week 5 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar