Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Aggressiewe hitte
forseer palm blare na onder,
hitte golwe worstel
teen die aantrekkingskrag van die sand
terwyl lou warm water
die sement woude rustig bekruip.

Die tropiese warm bedrukte atmosfeer
baklei teen die dooierus van die son,
bome wieg heen en weer
asof hulle van die warm aarde probeer ontsnap,
die skoonheid van die paradys
kamoefleer die donker van die mens.

Tafels is gevul met kleure,
spesies van vrugte wat verfrissing offer,
eksotiese disse,
glase gevul met sambreeltjies en geure,
gasvry verwelkom die wêreld dit wat leef,
tevrede en rustig vertoef die tyd.

Saggies blaf die golfies een vir een,
krappies dans gelukkig
tussen die skulpies wat vrolik rond beweeg,
gretig vergader klein diertjies van orals,
vissies, perdjies en vreemd vormige goedjies,
gretig om die asemrowende skouspel te geniet.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jou gedig laat my dink aan die 'wonderlike eksotiese eilandvakansies' wat in brosjures geadverteer word, maar agter al die mooi sit soms geweldige armoede en 'n ekonomie wat regtig swaar kry. GOED geskryf.
11 jaar 8 maande 3 weke 5 ure oud


Dankie vir die saamneem na 'n eksotiese eiland in die son.
Met jou woorde wat dans met my hart, het ek dit saam beleef, gesien, geproe, ervaar!
Jy kan maar skryf want jy kan!
Groete,
PM
12 jaar 14 ure oud


Skouspel van kleur
Dis 'n mooi gedig wat mens se gedagtes op reis neem na dieselfde plek, om ook te kan sien. Dankie, ek het geniet.
12 jaar 4 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar