Gedigte

Titel: Skrik
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Bloedstollende gille weerklink in die gang
My hart slaan bollemakiesie, my liggaam verstar
Ek spits my ore om beter te hoor
Nog `n gil laat my beheer verloor
Vasgevang in `n beweginglose lyf
Wil ek wegkom, maar dis of `n onsigbare hand my keer
My brein werk oortyd
Ek sien my vermoorde ligaam alreeds op die vloer
Dan bars die deur oop, my suster bleekwit
Verby my soos `n warrelwind tot bo-op die bed
Gillend, met arms wat swaai
Die muis het nou net by die ander deur uitgewaai
Ek glo hy het groter as sy geskrik,
My hart klop nog teen `n vreeslike spoed
Maar ek bloos oor my gedagtes, wat na die dood moes gaan
Ek ruk my toe reg soos dit `n ousus betaam
en druk my bewende sussie teen my aan



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
hehe, net begin dink dis nou sulke tyd.

oulik.
5 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar