Titel: Skryf my naam
Weergawe: 1
Aantal woorde: 76
Kere gelees: 306
Datum gepubliseer: 22 Mar 2009
Skryf my naam
met jou
toon in die seesand
vinger op ‘n stofplaat
oë tussen die wolke
neus teen ‘n wasemruit
mond op my wang
in graffiti en kalligrafie
noem my op die naam en
skryf dit in die palm van jou hand
maar jy het my naam vergeet
en eers tussen verlepte blomme onthou
in bittere beitelletters
as epigraaf
ns: mense wou eerder die woorde hoor en
blomme ontvang toe hulle gelewe het
Lees ander gedigte deur JJordan
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Woes-Nuus
Gedigte

deur Francis Gillieron
Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.