Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Skryf vir my ‘n storie,
‘n liedjie, ‘n gedig.
Geen fabel of verdigsel,
net woorde met gewig.
Pen neer jou gedagtes,
jou gevoelens, jou verweer.
Vertel my al jou liefdes,
al jou gawes, al jou seer.

Grafeer in sand met ‘n ligte letter hand,
‘n lieflike sonnet vol verbode klank .
Fluister geheime in die Suidooste wind.
Ek wil weet hoe om jou liefde te vind.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

skryf vir my
baie mooi
4 jaar 8 maande 1 week 5 dae 8 ure oud


skryf vir my
wow!!! dit kom klou sommer hier aan my hart. Voorwaar pragtig.
5 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud


***
Uit die boonste rakke -- pragtig.
5 jaar 4 maande 3 dae 12 ure oud


skryf vir my
ek gee jou n staande applous vir hierdie praggedig!!! hoop om nog baie uit jou pen te mag lees
5 jaar 4 maande 3 dae 20 ure oud


Skryf vir my
Mooi gedig mooi geskryf, Stem saam met woordverwerker Lees en vloei lekker.
5 jaar 4 maande 3 dae 21 ure oud


die weervoorspelling
jinne..jy was jare laas hier(as ek reg onthou).
GOed geskryf.
Die vloei en ritme is versteur in jou laaste reel...daai reel kort nog n bietjie skaafwerk.
5 jaar 4 maande 3 dae 22 ure oud


Hmmmmmmm
Dis nou 'n mooi versoek!
(Of sou dit dalk instruksie/opdrag wees?)
;-)
Baie goed gedoen, dink ekke.
Dit lees en vloei lekker.
5 jaar 4 maande 3 dae 23 ure oud


skryf
Dit is werklik 'n PRAGTIGE 'skryf vir my' gedig. Defnitief 'n weerlees werd. Welgedaan :-)
5 jaar 4 maande 4 dae 1 uur oud


skryf
Pragtig
5 jaar 4 maande 4 dae 4 ure oud


Skryf
Dis regtig 'n pragtige gedig hierdie! Die gedagte, die rym die ritme die musiek in die woorde ~ wel gedaan!
5 jaar 4 maande 4 dae 5 ure oud


So vang jy my...
...was ek net 'n paar jaartjies jonger! Ag, man!
Dankie (vir die troos).
GvT
5 jaar 4 maande 4 dae 11 ure oud



Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar