Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Waar die donker kamoefleer
die stilte van die nag my absorbeer
my gedagte rooi op die kussing uittap
en weer luister
weer kyk
nie daar buite is nie
niemand keer nie
probeer nie
is nie
die noodlot my uitlag
spottend my verkrag
haar vernedering baar
haar pyn
ons woede deel
orals om my steel
wie gaan keer
hierdie misdaad sfeer
myself maar kon verdeel
orals wees
altyd in my gees
fynskerp gekeel
ek net stil kan lê
vasgeboei aan gister
in blindheid
alles sien
elke sekonde drup
die angs aftel van die nag
môre die stukke moet optel
van nou
op die rooi tapyt
met bitter els
deur my steek
my trane verstof
uitdrukkingloos vermasker
na dit voor my
ingeforseer
die lewe uit ruk
vasgevange siel
verniel
asem wat verwoord
tonge verlem
na my swaai
wil doodmaak
moordenaars serrugaat
in my slaap
toe ek dit gesien het
gevoel het
geweet het

deelgeneem het
maar nie daar was nie
en vanaand op die ander sy
my ander wang moet draai
vir more

 

Die gedig gaan oor 'n polisieman wat in die aand in sy bed lê, en dink aan elke moord, verkragting, diefstal ens, wat gaan plaasvind terwyl hy slaap..., en skuldig voel omdat hy nie daar buite kan wees om dit te keer nie. 
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
n Kunswerk.
*************
n Warboel van gedagtes en emosies.....
n Brein wat nooit rus nie.
nooit slaap nie.
6 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar