Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘Hoe kan ek voor U kom staan
Hande leeg, siel en voete op eie baan .
Niks gedoen wat wat reg- loop betaam.
‘Skuus... my HERE ek voel so skaam.

Sal U ooit my berou kan sien.
Ek is so vol sonde en het niks verdien.
Doen altyd eers die verkeerde ding,
Groot spyt wat dit altyd later bring.

Weet tog dat ek nooit volmaak –
kan staan voor U.
net vol skyn en kwaad .
Opnuut van voor moet bieg.
En gedurig neig om terug te val,
Met elke oomblik van die dag –
My stryd teen Satan.
Sy engle- en die se bose krag.

MAAR – U leer my om op te staan.
U weer in die oog te kyk ..en
Biddend alweer te bedel –
Verstaan seblief die sondaar,
.. ek vra, NEE ek pleit ..vergewe!
Laat my toe om na JOU gaan.


LL







Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vergifnis
So loop ek self maar aan, Lana. Die Here ken my wee, my hart, my binnegoed - wel, en buitegoed. Dit voel soms dat die bid minder word wanneer die druk groter word. Dan is daar die fees-gevoel wanneer ek weer tot bid kom - my erkenning toon, en my hart oopskeur. So wag God vir ons, vie elke keer wanneer ons weer kom vra.

Ek, aan die ander kant wil ook weet waar jy jouself bevind. Jy het langelaas met my gesels. Jou werk bly mooi. Dit gaan beter in jou skryf-rekening as in myne - maar ek is besig met 'n nommer.
Groete.
12 jaar 4 maande 1 week 1 dag 3 ure oud


PANDA-KOMMENTAAR
Lana, is dit nie waar hoe ons almal daagliks sukkel, die duiwel "bowl ons met yorkers" en ons sukkel om staande te bly, veral as jy die eerste keer jou hart vir Jesus gee, dan stroom die aanvalle! Ek hou van jou gedig, dis eerlik en ek voel ook baie so!

Goeie gedig
14 jaar 2 maande 1 week 3 dae oud


Hi Meraai ... Baie dankie dat ek vir jou vandag iets kon bring om jou dag op te helder. HY is ons anker en het elkeen van ons vir mekaar gegee om iets oor te dra al is dit net in 'n sekonde. Liefde vir jou - LL
14 jaar 3 maande 2 weke 1 dag 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Volg net die Skoenlappers

    deur Anria

    Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar