Gedigte

Titel: skyn
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



vryheid is ’n lig wat my
snags op die drumpel tussen
drome en rede
onverhoeds
betrap

ongenadiglik
stoei ek met ’n onsigbare
mag wat deur
die skeur in ’n blinder met
’n kind se
bewussynstrominge
smous

haar observasie is redelik
akkuraat: ’n mens moenie die
abominasies vatplek in jou gedagtes
gee nie
hulle het wel deur haar toedoen
behoorlike vatplek gekry
toe sy my verwerp het

en ek voor die aanvang
van ’n nagskof
hartverskeurend
op die trappies by die agterdeur
gehuil het




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Skyn
damn jou gedigte het altyd so diep lyn wat mens trek... absoluut puik gepen!!
4 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 6 ure oud


skyn
Pragtig.
4 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


die weervoorspelling
vasgevang...jy weet hoe om 'prentjies' uit te beeld..en mens in te trek
4 jaar 5 maande 4 weke 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar