Gedigte

Titel: (s)lag
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek vermors my tyd deur
stukke van my
menswees in hulle huise se
vensters uit te
stal

stort jou trane
sodat angeliere uit jou
wonde groei

gister was ’n halwe gedagte
van die euforie
waarin stommes juig

die gebreekte klank van stilte
skuil in gedagtes
wat leegbloei op sentiment

net nog ’n klein rukkie
dan is alles
verby




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

slag
hierdie is baie goed gepen
5 jaar 11 maande 1 week 1 dag 4 ure oud


(s)lag
Jy bring in woorde wat Akira Yamaoka in musiek bring. Ek hou van hierdie tipe digkuns, die gevoel is uiters ge-voel. Sal `n uitsonderlik bundel wees verseker.
5 jaar 11 maande 1 week 2 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar