Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek sleepvoet...

deur gange van jou emosie –

druipstert vir al jou harts’goed,

vol vrae agter siele vensters

tenger die klop-klop vandag

tog kasty die liggaam jou wil

en verdrink jou siel in die nag

tartend na môre se lig –

so duur jou lot...

smee tyd ’n komplot

teen ons asem – teen ons mens

sirkelend soos ’n mot

om ons lewens kerse in ’n pot –

’n reënboog pot vol wense.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar