Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sien jou Josef van vandag
Eens beskut in 'n perfekte kleed
Gebeur die lewe dan ook met jou eendag
Dompel jou in die diepste put, nakend
Weggeneem van lewe vir jou bekend,
Slaaf van ongenaakbare vreemd’

Ruk-bewend in onseker, seer en angs
Afwisselend verlange, smagting so intens
Na veiligheid van voorheen
Lewe en mense vir jou tot steun
Selfs die woede wat deur jou bruis
Verander niks...jy is...waar jy is

Josef van vandag, wat doen jy nou?
Ek ervaar voortveg vir bestaan in jou
Opstaan, knieë afstof, arms uitgereik
Vorentoe beur deur daaglikse stryd
Aan wat jy weet en glo stewig vashou
Terugneem en uitleef van jou integriteit

So wat van hierdie halfhelder dag?
Wat nou gemaak met nuutgevonde krag?
Lig op jou kop, met nuwe lewensstut
Sien om jou ander in veel dieper put,
Met ‘n gestrooptheid meer intens
Jou reikende hand hul grootste wens!


***************************************************************

Josef se storie: Gen 37 – 50.

Gen 50:20 – “Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om ‘n groot volk in die lewe te hou.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Slegte dinge ...
Baie goed geskryf. Hou daarvan!
7 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


So mooi...
Baie goed gedoen!
7 jaar 10 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


So wat
Goed gedoen -- dankie daarvoor.
7 jaar 11 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


Pragtig!
Kalaharikind, dis so waar....soveel dinge wat jy hierin saamgestel het om so pragtige geheel te vorm.
7 jaar 11 maande 1 week 5 dae 15 ure oud


Kalaharikind,
Uitsonderlik...
7 jaar 11 maande 1 week 5 dae 15 ure oud


Mooi
en die duiwel loop rond soos n brullende leeu - ek hou van die teksversie ter beskrywing onderaan ook - dit stel die leuenaar bloot.
wel gedaan
7 jaar 11 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


Josef
Dit wat my nog die meeste begeester het van Josef is sy gesindheid ("attitude") in elke situasie van sy lewe. Ek begeer ook dit!
Treffend, dankie Kalaharikind!
7 jaar 11 maande 1 week 6 dae 2 ure oud


So wat
Die sinnetjie wat sê "Sien om jou ander in veel dieper put" het ek net 'n paar dae gelede vir my vroutjie gesê, want al kry mens swaar is daar ander wat baaaaiiie swaarder kry. Ons kan sien lees, skryf en ons sintuie gebruik. daar is ander wat dit nie kan doen nie en dan lyk hulle somtyds baie gelukkiger as ons drommels wat wel daardie voorregte het. Sies skaam dan vir ons wat dink ons is in die put. Raak gese. Dankie - Schatz
7 jaar 11 maande 1 week 6 dae 4 ure oud


So wat?
Raak gesê en baie waar. Ons is nooit alleen in die put nie en selfs die put kan daarom ten goede meewerk...
7 jaar 11 maande 1 week 6 dae 10 ure oud


weereens...
Weereens tref jy! Mooi mooi mooi... so waar van die ander in veel dieper put, dit laat my skaam en laat my rondkyk vir 'n uitreikkans.
7 jaar 11 maande 1 week 6 dae 13 ure oud


Applous!
Jou Josef is diep geskryf, goed beskryf en raak geskryf. Die slot - treffend en besielend!
7 jaar 11 maande 1 week 6 dae 13 ure oud


beautiful
en jy vat my weer, dit is beautiful! Ons almal is soms Josef.
7 jaar 11 maande 1 week 6 dae 14 ure oud


Josef storie
Goed beskryf!
7 jaar 11 maande 1 week 6 dae 15 ure oud


bekend....
Vandag kan jy my ook maar Josef noem!
Baie mooi vriendin,positief en opbouend!
7 jaar 11 maande 1 week 6 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar