Gedigte

Titel: Smelt :
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Wanneer woorde van my wegloop
My pols weer kloppend bloei
In my gedagtes ‘n orkaan
Dis tyd om weer te gaan

Wanneer iemand jou stip aankyk
Terwyl hy jou vergeet
En dan om net te wees
Saam daar in die vlees


Wanneer niemand jou verstaan nie
Jou net vertrou in sin
Weet ek nie van more
My lewe in verhore


( Kom ons wees weer kinders
Onskuldig altyd bly
Ontdek wat nog klein is
Verkeerd reg vermy )


Wanneer stem nie meer wil praat nie
En my gedagtes lui
Elke nuwe tree te groot
Te bang hul val oorboord


Wanneer voeltjies nie meer sing nie
Al die bye op die grond
In velde sonder blom
In my hart diep ontkom


Wanneer wyn nie meer kan sluk nie
Die kaggel in die vuur
Musiek vir jou geraas raak
En langs jou altyd vaak


(kom ons wees weer kinders
Liefde sonder vals
Soveel  alles eerste
Dansend eg verhals)


Wanneer alles om my stil raak
Die kind in alles soek
Gister vandag wil maak
Jou more weer vervloek


Wanneer die groen in als verwit
Al die warmte so verkoud
Elke boom net ‘n grafsteen
Dan raak ek so benoud


Wanneer mooi in alles dood is
Net lelik wat bly lewe
En die doel om te vergaan
In my bitter mond ‘n bewe


(Kom ons wees weer kinders
Om ons alles soet
Koek-eet koeldrank lewe
Grootword nie ‘n moet)

Wanneer ek eendag groot is
Daai tye wil onthou
Toe ek maar net ‘n kind was
Vorentoe daarop bou…

 

Die gedig gaan oor die lewe..., hoe ons ouer word..., die vonk in liefde verloor..., maar net by mekaar is in gewoonte..., en terugdink aan die jeug-jare..., opgevonk en lus vir alles. Onskuldige kinderjare, en nie geweet het van al die sleg in die lewe nie. As ons maar op ons onskuldigheid kon voortbou..., maar die winter haal ons in...!  

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar