Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In die kokon van self-tevredenheid
het ek myself knus toegewikkel
sonder om te sukkel om te leef.
Sonder om die lewe te bevraagteken
of om die mensdom se foute te bereken -

Heel tevrede.

In die sfeer van voorspoed
het ek my toring van Babel gebou.
Vertrou dat die voorspoed my
binnekort sou verveel en dan kon
ek my rykdom met jou deel.

Heel tevrede.

Maar toe wolk jy bokant my kop
en laat die sifreën my vrugbaar
benat met belofte van tuine
en riviere in 'n paradys waar
genade aan bome hang.

Waar ek goue appels kan pluk.
Waar die wolf nie meer vir die
geweerskoot skrik, maar sy
skaapwagters-vel afgooi om
homself te ontbloot as 'n sterfling
wat ook maar daarna hunker
om eenvoudig te lewe.

En daar ek was so heel tevrede.


© Christo du Plessis 2010 - 11 - 02 / 17:19





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

diep gedig in besonder, ja genade so soet....Dink hierdie een is 'n treffer!
9 jaar 7 maande 8 ure oud


'Maar toe wolk jy bokant my kop
en laat die sifreën my vrugbaar
benat met belofte van tuine
en riviere in 'n paradys waar
genade aan bome hang.'

Dammit, maar ek kry sommer hoendervleis!! DIT is my gunsteling vers vandag! Great vers Zym!

9 jaar 7 maande 8 ure oud


hou van die anderste prentjie wat jy gevruik het om jou blessings meet te illustreer.
it takes two...
9 jaar 7 maande 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Lelani

    deur Rachelle du Bois

    Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar