Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hipokonders jy is so Bedonderd.
Met nukke en grille so is die Draadwerk.
Jou "Nickname" is Kriewelkrapper.

So Wispelturig soos ´n onwelkomedag,
dit is jou Kuur,
wat nie wil passeer.

´n Aanstelligheid oor jou dieet,
maar dit wat jy sien die-eet jy.

Met ´n Verbeelding
wat nooit sal wankel
oor jou Humeurigheid
van geen sin Kry
oor foefies wat nie wil los nie.

Dit vertroetel jy soos ware goud,
wat jou eendag koud
sal laat oor daai Fiemies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Fiemies
hehe, baie oulik, ek hou veral baie van die woord "kriewelkrapper"
6 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 21 ure oud


!Mooi Man!

Jy't die fiemies`ding skoon nek omgedraai met hierdie gedig van jou!

Ek hou van daai 'Kriewelkrapper' woord.
6 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar