Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

sy moet ’n geloof besit in tonne geweeg
vervangbare dele wat werk en beweeg
verskeie geliefdes gelyktydig omhels
’n drukkie gee en heel wat stukkend is
van ’n gekneusde knie tot ’n flenter hart

dalk ongelooflik met slegs twee hande
maar sy moet kan sorg vir liefdesbande
nie alleen moet sy positief kan dink
maar ook redeneer en onderhandel

daarby voeg ons ongelooflik sterk
probleme hanteer en veg vir waarin sy glo
nog een enkele formidabele kenmerk
swaar laste dra en ongeregtigheid beveg

sy omvou geluk, liefde en opinies
veg met glimlag in die voorste linies
as sy voel om te huil, moet sy kan sing
en in vrees ’n glimlag na vore bring

haar liefde moet onvoorwaardelik wees
haarself kan gee sodat familie oorleef
vriendin wat vrees na geneesheer neem
as haar moed haar soms begeef

sy moet kan huil as kinders presteer
gelukkig wees as vriende floreer
besef dat ’n kus gebroke harte kan heel
maar nooit haar werklike waarde vergeet



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vrou
En hier beskryf jy die tipe vrou wat jy beslis is :)
6 jaar 3 maande 1 week 2 dae 14 ure oud


vrou
Baie mooi geskryf vriendin
6 jaar 3 maande 1 week 2 dae 20 ure oud


:)
Jy het dit baie raak en mooi vasgevat. (En Neels moet 'n medalje kry.)
6 jaar 3 maande 1 week 2 dae 20 ure oud


vrou
ek sê nog altyd die vrou is die kroon van die skepping en hierdie werkie omskryf my stelling op elke vlak
6 jaar 3 maande 1 week 3 dae oud


vrou
Elvina
Ek soek vanjaar drie-en-sewentig jaar
Ek raak nou raadop.
En
Jy sê sy slaat nie
En
Jy sê sy slaat nie eers terug nie
En
Jy sê sy skinner nie
En jy sê . . .
Wag.
Hoor my lied . . .

Sou iemand van een weet sal ek myne ruil en
op die koop toe
Hierdie, my aller geliefde rooi hennetjie van my, saam met haar dertien broei eiers, ook in die deal ingooi.

Bel net en ek reageer dadelik.
6 jaar 3 maande 1 week 3 dae 4 ure oud


Vrou
Dan word daar so maklik gepraat van die vrou as die swakkere een. Ek as man, kan onmoontlik al hierdie dinge doen. Ek haal my hoed af vir elke vrou.
6 jaar 3 maande 1 week 3 dae 5 ure oud


Ano
Vrou
So moet 'n vrou seker lyk. Wonder net hoeveel kry dit heeltemal reg. Hopelik darem meeste van die tyd :-))
6 jaar 3 maande 1 week 3 dae 6 ure oud


so moet nvrou wees
so pragtig beskryf jy die volkome en volmaakte vrou se essensie... hierdie is n prag ode aan elke vrou
6 jaar 3 maande 1 week 3 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar