Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

in ons dae van sorgeloos bestaan
toe lente nog lente was sonder tyd
en vrede liefde geluk oor ons gaan
met die Heer se genade ver en wyd

onthou ek
die koue sementvloer van die stoep
die sinkdak wat plek-plek drup en lek
oupa se skoot en storietyd wat roep
tyd verlore met net een lekker plek

onthou ek
dis oorlog en koue konsentrasiekamp
dis hongerpyn siekte en skielik dood
in nagdonker flonker flou die olielamp
“gee my kind meneer n stukkie droe brood”

onthou ek
oupa se oog blink met enkel biggeltraan
as gedagtes deur kamp en tent gaan
storietyd op die stoep as sterre koppie wys
en hy die Heer se genade in oorvloed prys

onthou ek
oupa se stem wat plek-plek breek
as hy die vrees en verlange nuut ervaar
sy vrou en kind van ontbering bleek
met net God se liefde en trou daar

onthou ek
as hy van verlies en onsekerheid vertel
tye van soeke en skeiding en van hel
en van bittere vreugde as hekke oopgaan
as net ouma in vel en been vry daar staan

onthou ek
my blydskap as oupa vir ouma omklem
met nuwe hoop en bokspring in sy stem
sy been bewend en krampend onder my
sy hand wat liefdevol oor my rug gly

onthou ek
die storietyd as lig met donker plek ruil
my hare deurmekaar en my knieë vuil
op oupa se skoot gaan staan die tyd stil
dankie Heer vir oupa se lewe deur sy bril

onthou ek
my dogters om die kamp se knettervuur
as ek hul van oupa se stories vertel
en ons saam die nagstilte met vrede in tuur
alles is goed my dogters alles is wel

onthou ek
dae soos mis voor die son so gou verby
net mooi gedagtes wat ewig sal bly
dankie Heer vir tye wat U my gee
as ek oppad na U my lewe aftree

so onthou ek...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Onthou
Jim, hierdie gedig is puik, jou beste nog ooit vir my. Baie goed geskryf, met soveel nostalgie van verlede se onthou. :)
4 jaar 3 maande 4 dae 5 ure oud


Onthou
Ai, dis nou sommer 'n baie mooi onthou...met 'n bietjie van 'n traan. Dankie vir die deel
4 jaar 3 maande 4 dae 14 ure oud


Ano
Onthou
Ek hou so baie van jou onthou :-)
4 jaar 3 maande 4 dae 19 ure oud


onthou
Goue oomblikke hier mooi neergepen en saamgevat. Knap gedaan.
4 jaar 3 maande 5 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar