soos die oog van ‘n storm is tyd
klein begin versprei dan baie wyd
suig alles in wat voor dit mag staan
selfs yster in konkreet gegiet vergaan
winde wat meer as stormsterk waai
sleep alles wat te lig is weg en maai
soos ‘n sens wat koringaar kort afsny
geen respek vir wie ookal agterbly
maak korte mette met sieke mense
laat val soos droë bome in die woud
heen en weer oor ouderdomsgrense
elkeen wie se beurt dit is word yskoud
harde realiteite dra hy saam met hom
wie ookal met die feite na jou wil kom
plooie, skete, kruppel, bring dit saam
wonder jy nog - ouderdom is sy naam
©Teárlach
Lees ander gedigte deur carolus
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig