Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit kook binne in my,
Kan nie eet of slaap inkry.
My hart is te seer,
Voel of hy elke dag verder skeur!!

Met my swak besluite,
Laat dit my staan alleen voor oop ruite!!
Ek het jou soveel beloftes gemaak,
Maar elke keer het als weer oop gekraak!

Na soveel maande,
Lê en huil ek steeds laat in die aande!!
Ek besef nou eers wat als vir my beteken het,
Wens net jy kom terug om my hart te red.

Soos sout in die wonde,
Pynig ek en gaan ten gronde!
Jy wil niks meer weet,
En se ek sal wel met tyd van jou vergeet!

Maar ek het besluit ek word eerder oud alleen,
Want net jy is die regte een!!
Ek droom van jou dan rol die trane,
Soos ek sien hoe skei ons lewens-bane,

Die finale skuif is gemaak,
en ek is met skaakmat vermaak!!
ek het al baie gevra vir nog 1 keer,
Dan het ons weer probeer.

Maar vanaand wens ek vir die laaste kans,
Want ek wil saam jou die lewe deur dans.
Ek kan nie insien hoe ek moet opgee,
Want dit is jy binne my hart geklee!!

Sonder jou voel als so duister,
My lewe se uitkyk raak al gruiser!
As ek tyd kon terug draai,
Sou ek baie dinge verander en ons liefde verfraai!!

Ek weet jy sien nie meer kans
en is bang vir verdere seer,
maar dink jy nie soos ek
dat ons dit kan maak die keur!!

Albei van ons is sterk mense,
Glo ons kan verder kom as net die opbreek grense!!
Ek het jou nie waardeer soos ek moes,
En nou is my lewe heeltemal te woes!

Jy was my engel met jou vlerke rondom my,
My lief gehad soos net jy!!
Ek hou en hou nog aan jou vas,
Aan jou hart wat myne was, totdat die storm jou weer terug waai!!

Ek soek jou hier by my
Want dis net jy wat my hart kan kry!!
Ek roep jou naam hoor jy my,
Dis net aan jou wat ek vasklou
Jy hoort hier aan my sy
Maar op die stadium staan ek net en rou!!
Ai ek weet nie hoe ek hier deur sal kom, Want sonder jou maak my lewe nie sin!!!




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

soek na jou
sjoe hierdie is n absolute wanhoops diepseer gedig... mag hierdie seer ook verby gaan... *Drukkie*
5 jaar 11 maande 3 dae 12 ure oud


Liefde
Baie mooi skrywe. Eensaamheid is moeilike gevoel om te oorkom, die beste geweer, aanvaar die werklikheid.
5 jaar 11 maande 4 dae 20 ure oud


liefde
n mooi beskrywing van n groot hartseer
5 jaar 11 maande 4 dae 20 ure oud


liefde
Hunkering en eensaamheid goed saamgevat. Mooi gepen.
5 jaar 11 maande 5 dae 15 ure oud



Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar