Gedigte

Titel: Soekende
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

om te verdwaal in
strate eensaamheid
moedeloos darem nog ʼn gedig te skryf...
te roep...
of blind
~ dit reën ~
deur die buurt te hardloop
en soek na iets
wat eie is....

om anderkant vaal slaap
in vlae aarde uitgewaai te word
en dan
in die nanag stil te bid
~o God~
hierdie verlorenheid......

MEI '76



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Uitstekend jy het nie regtig verroes dis pragtig
10 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 5 ure oud


Weldeurdagte gedig. Treffend goed gedoen. Baie welkom.
11 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 14 ure oud


Dit is so gevoelvol. Goeie gedig Pa se blou-oog.
Groete,
PM
11 jaar 2 maande 3 dae 16 ure oud


soekende
Pragtige gedig wat baie meer sê as wat dit op die oog af lyk. Die repeterende konsep van 'verdwaal', 'eensaamheid' en 'moedeloosheid' vind 'n klimaks in die laaste reel se 'verlorenheid'. Baie goed geskryf! -S
11 jaar 2 maande 4 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar