Gedigte

Titel: Soektog
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

SOEKTOG

Vanoggend vroeg
voor die voeltjies sing
en die son sy strale begin uitpak
het my hart die padkaart
van U menswees probeer vind
grondpaaie
afdraaipaadjies
namelose strate
gevriesde verkeersligte wat my vashou
nat geswete palms
wat die stuurwiel van my lewe
met alles binne my vasdruk
en ek bid
Here, maak my rustig
lei my op U lewenspad
bring my na U waters van vrede
en eweskielik ontdek ek
U was al die tyd
binne my



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Soektog
Baie mooi gedig, ek hou daarvan...

Groete

Chenél
12 jaar 11 maande 1 week 5 dae 9 ure oud


Soektog
Ek dink nie heirdie pleitdooi het op dooie ore gegaan nie. Baie mooi ek hou daarvan.

Groete

Chenél
12 jaar 11 maande 4 weke 1 dag 9 ure oud



Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar