Gedigte

Titel: Soete Spys
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Het ‘n nuwe resepteboek gekry, ek moet jou dit wys.
Resepte vir hertzoggies en kolwyntjies,
truffels, fudge en koekies met rosyntjies.
Daai beskuit wat Ouma gemaak het met anys
en ‘n nuwe wafel resep met jougurt of roomys.
Verjaarsdagkoeke, grootes en kleintjies
en ideale peuselhappies vir sjokolade fonteintjies.
My mond water van net kyk na al die soete spys.

Genoeg met die oë geproe, ek voel nou lus om iets te maak.
Sit die oond aan, ek begin solank die panne smeer.
Die mengbakke is daar onder en die bestanddele in die spens.
Onthou die ekstra knypie liefde, dit gee ‘n spesiale smaak.
Sit sommer die ketel ook aan, dan maak ek vir ons tee.
‘n Bietjie bak en brou doen wondere vir die siel van ‘n mens.




(Geskryf: 29/05/2015 → vir LitNet)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

soete spys
hmmmm dit klink te heerlik!! Baie mooi gepen hoor!
5 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 9 ure oud


Soete Spys
Die brou smaak altyd die lekkerste het opuma gesê
5 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :
Kos

Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar